Current Status
Not Enrolled
Price
Free
Get Started

Welkom by die aanlyn kursus, “Inleiding tot Gestremdheid”. In hierdie kursus sal jy meer oor die wêreld van gestremdheid leer. Ons sal nie alles dek nie, maar jy sal die basiese beginsels leer. Ons kyk na die maatskaplike model van gestremdheid, verken die hindernisse wat ’n lewe met gestremdheid uitdagend kan maak, en verstaan die regte wat verseker dat almal billik behandel word. Ons kyk ook na verwysings en gesels oor die voordele van insluiting. Dit is bloot ’n begin om die wêreld van gestremdheid te verstaan. Kom ons begin leer!

Hierdie inhoud is deur die Shonaquip Social Enterprise (SSE) ontwikkel. Die SSE is ’n organisasie wat daarop fokus om insluiting vir alle persone moontlik te maak – ook vir kinders met gestremdhede. Die SSE fasiliteer talle gestremdheidsinsluitingsprogramme vir ouers, VKO-praktisyns, maatskaplike werkers, gemeenskapslede en terapeute.

www.ShonaquipSE.org.za 

Click here to continue